Ontmoet JP Steenekamp, hy was ‘n dwelm verslaafte gewees vir 16 jaar van sy lewe. JP het alles verloor, sy kar, huis, besittings, werk en mense ter wille van dwelms. Hy het vir lank op straat gebly en elke dag daar deur gebring, opsoek na kos en sy volgende hit. JP is gerehabiliteerd in 2024 maar het weer betrokke geraak met die verkeerde mense. en het geen heenkome gehad nie en die Here het hom gelei na Conroy toe nadat mense hom vertel het van Street Salvation. Hy het sy tuiste, vriende en ‘n nuwe doel gevind by die Salvation Huis in Vanderbijlpark. JP het ‘n verhouding met die Here aangeknoop en leef dit elke dag uit. Hy het ook sy verhoudings reg gemaak met mense wat hy gedink het nooit weer sou kon herstel nie. JP het vir 6 maande by die Salvation Works gewerk en geleer om met mense te werk, self vertroue weer terug te kry, asook dissipline te leer. JP het weer werk gekry in sy eie ambag en het ‘n voertuig in tussen gekoop asook besig met planne om sy eie plekkie te kry om na heen te trek. JP Moedig ander manne aan om die Salvation huis te kontak wat in dieselfde situasie sit. Of dalk het jy ‘n geliefde wat deur rehab is maar geen heenkome het nie. Kontak ons dan!



